top of page
Search

Watter tyd is die beste om dekgewasse in die Wes-Kaap te plant?

Dekgewasmengsels wat met 'n no-till planter geplant word, is meer suksesvol ten opsigte van grondgesondheid. Dit is baie beter as 'n monokultuur wat met 'n ploeg geplant word. Mengsels en no-till is 2 van die 3 hoekstene om sukses met dekgewasse te behaal. Die derde hoeksteen vir sukses met dekgewasse, is die manier hoe ons dekgewasse doodmaak. Daar is ‘n paar faktore wat jy in gedagte kan hou wanneer jy besluit op die tyd van plant.


Waar besproeiing beskikbaar is vir die dekgewas, kan winter dekgewasse vanaf begin April geplant word.

Dekgewasse wat begin April geplant word, is teen Junie baie ver gegroei (indien water in April beskikbaar was). Die warm weer van April en begin Mei bevorder die groei van dekgewasse baie.

Vir my kliënte wat vroeg in April plant, plant ons net die blokke wat hulle kan water gee na plant. Met die bankieplanter benodig ons 25 mm se drupbesproeiing net na plant (indien die gronde baie droog is) en nog 'n verdere 25 mm ‘n week later. Indien nie genoeg water hiervoor beskikbaar is nie, plant eerder net die gedeelte waarvoor jy die water het, en plant die res nader aan die reën (gewoonlik middel Mei in die Wes-Kaap).

Wanneer ons mengsels gebruik, is dit goed om die dekgewasmengsel so na as moontlik aan die eerste reën te plant, indien voldoende besproeiing nie met plant beskikbaar is nie.

Om Mei en begin Junie te plant is nie ‘n probleem nie.

Dekgewasse groei baie stadig vanaf middel Mei tot begin Augustus. Die dekgewasse wat in Junie geplant is, het teen Augustus nie veel minder gegroei as die wat in die middel van Mei geplant is nie.

Dekgewasse in die Wes-Kaap begin weer vinniger groei vanaf Augustus, sodra die dae langer en warmer raak.

In September verdubbel die hoogte van dekgewasse gewoonlik as gevolg van die warmer weer.


Hier is foto's in die video van dekgewasse wat 10 Junie geplant is.



Dekgewasse wat na die reën geplant word, vaar beter indien dit met ‘n no-till planter geplant word. Die no-till planter versteur die grond minimaal en vogverlies is minder. Meer vog is dan in die grond beskikbaar vir die dekgewas.

Wanneer jy gronde omploeg wat nat of klam is, verloor jy baie vog uit die grond. Dit kon deur die dekgewas gebruik word.

Ek het al met sukses dekgewasse tot einde Junie geplant met no-till planters.

Dit is nie so ‘n groot probleem as jy eerder bietjie later kan plant nie.


Groete en sterkte


Stoney

115 views
bottom of page