top of page
Search

Wat is die beste dekgewas om te plant?

Dié vraag kry ek altyd wanneer ek met boere gesels oor dekgewasse en my antwoord is altyd: Watter tekortkoming wil jy aanspreek met dekgewasse? Dekgewasse het baie funksies wat hulle kan vervul en die tipe dekgewas is afhangende van jou grond se tekortkominge.

Die tekortkominge wat dekgewasse aanspreek is:

  • Bedekking van kaal grond, om verdamping en erosie te verminder

  • Grondverdigting: deur grond te deurlug sodat water gronde makliker kan indring

  • Onkruidonderdrukking

  • Stikstof verhoging in grond

  • Vrystelling van onbeskikbare minerale in die grond

  • en Grondgesondheid

Hier is 'n video wat dit verduidelik



Wat baie interessant is, is dat waar dekgewasse as mengsels geplant word (wat soveel as moontlik van die bogenoemde tekortkominge aanspreek), hulle beter vaar as waar ons net 1 spesie dekgewas plant.

Hieronder volg 'n video en 'n paar interesante artikels om te sien waar mengsels van dekgewasse die enkel spesie dekgewasse uitpresteer.

Mengsels van dekgewasse gee die beste bedekking terwyl enkel spesie dekgewasse kaal gedeeltes gee.



Mengsels van dekgewasse werk saam as n span en lewer beter resultate as wanneer hulle individueel geplant word.


Waar hawer en radys saam geplant is, was die radyse 30% groter gewees, teenoor waar radys alleen geplant is.



Die proef het onderskeidelik bestaan uit 4 plotte:

(plot 1) kaal grond,

(plot 2) net klawer,

(plot 3) Voersorghum en

(plot 4) Multispesie-dekgewasse.


Die multispesie-dekgewasse plot het die beste hawer produksie gegee nadat 'n dekgewas geplant is.



Wanneer die 5 groepe van dekgewasse saamgeplant word, is die effek groter agv samewerking tussen spesies


Die 5 groepe is grasse, grane, Brassica's, chenopods (beet, spinasie ens) en peulgewasse.


Groete en sterkte


Stoney

78 views
bottom of page