top of page
Search

“To Till or Not to Till”

Die eerste geheim van sukses met Dekgewasse, is om ‘n mengsel van dekgewasse te plant. Hoe meer spesies in die dekgewasmengsel, hoe beter werk dekgewasse.

Die tweede geheim is om dit op die regte manier te plant.

Die ploeg van gronde is effektief om grondverdigting op te breek, maar ploeg is verskriklik nadelig vir die grondstruktuur.

Ja, ek weet ek is nou effens negatief, maar dit is die realiteit.


Ploeg van gronde, saam met monokulture, is die grootste oorsaak vir agteruitgang van ons gronde.


Foto: Die verskil tussen natuurlike en geploegde gronde


Die gebreekte grondstrukture veroorsaak verdigting, waterinfiltrasie neem af en onkruide neem toe. Kyk maar hoe baie onkruid volg na grondvoorbereiding en ploeg.

Ploeg vernietig ook die voordelige swamme soos Mycorrhizae, wat baie voordelig is vir permanente gewasse soos wingerde en boorde.

Foto: Mycorrhizae


Dié voordelige swam vergroot plante se wortelstelsels en verhoog water- en mineraalopname.

Erdwurms, wat die vermoë het om die gronde verder te deurlug, verdwyn ook met ploeg.


Wanneer ‘n gewas bv koring geoes word (soos in die saai bedryf), word ‘n derde van die koolstof wat in die plant vervaardig is tydens fotosintese, met die saad verwyder.

Deur die kaf te baal, word nog ‘n derde van die koolstof verwyder.

Die laaste derde van die koolstof wat in die koringplant geproduseer word, is in die wortels wat nog in die grond is.

Wanneer die gronde geploeg word, verwyder ons die laaste derde van die koolstof wat die plant geproduseer het. So verminder gronde se koolstof en neem vrugbaarheid af.

Koolstof en organiese materiaal neem dus af in geploegde gronde. Hoe minder koolstof jy in die grond het, hoe meer verdig die gronde en al die ander probleme wat saam met dit kom.

Jy wonder seker nou: Hoe moet ek dekgewasse plant?

Om die negatiewe effek van ploeg te verminder, is No-Till planters ontwikkel.

Wat is No-Till planters?

No-till planters is planters wat kan plant sonder om die grond om te ploeg.

Dié tipe planters ploeg nie die grond om nie, maar sny net die grond. Die saad word in die sny-opening geplaas en vasgerol met 'n drukwiel.


No-Till planters het ook die voordeel om in materiaal te plant van die vorige seisoen, sonder om die deklaag te verwyder.


In permanente gewasse soos boorde en wingerde waar dekgewsse geplant word, is ‘n No-till planter die beste.

Die planters bewaar die grondstruktuur en No-till planters raak ook minder verstrengel in die wortels van bome en wingerde. Die planters verwyder ook nie klippe uit die grond soos ‘n ploeg nie.


Groete sterkte


Stoney




76 views
bottom of page