top of page
Search

Kunsmis pryse vir 2022

Waarheen gaan kunsmis pryse?


Hier is my 5 sent antwoord:


Inflasie is op rekordhoogtes en is die reele inflasiekoers huidiglik nader aan 15 tot 20% is, baie meer as wat die VPIX se 5.5 % is.

Kunsmispryse gaan nie afneem nie, en die toename in hul pryse gaan bly toeneem.

Stikstof is aan die brandstofprys gebind, en het JP Morgan/Goldman Sacks reeds 'n prys van $180 op n vat olie gesit in die nabye toekoms.

Rusland, Ukraine en Belarus is wereld se grootste produsente van Fosfate en Kalium en weet ons dat die produksie en uitvoere van kunsmis drasties afgeneem het vanaf die lande.


Koring en mielie pryse is ook die hoogste nog in doller terme, en gaan dit ook toeneem.

Dit gee ons 'n aanduiding waarheen voedselpryse op pad is. Die hoër voedsel pryse kan tot n mate die hoër kunsmis pryse absorbeer, as kunsmis beskikbaar is.


Plaaslik neem ek die volgende waar:


Kompos, organiese materiaal, hoendermis asook verpilde produkte soos Atlantic fertilisers, se aankope en navraag het baie verhoog. Dit wys daarop dat voedselprodusente na alternatiewe kyk om die bemestingsprobleem op te los. Meer mense doen navraag ivm die aanplant van dekgewasse vir alternatief tot die hoë pryse van kunsmis.


Sedert 2021 het ons die planters aangepas om die verpilde hoendermis saam met die dekgewasse in te sit.


Deur die pille onder die grond te sit, verhoog die pille se effektiewiteit en brand die son dit nie stukkend nie. Dit is ook stadig vrystellend en was nie uit met reen en besproeiings nie. In my opinie, die beste vorm van kunsmis.


Sien video: https://youtu.be/3pDOw2ALjbM


Groete Stoney


PS: Indien jy enige vrae het oor organiese materiaal, kompos, dekgewasse, bewaringsboerdery en herlewingslandbou, is jy welkom om my te vra via email: admin@stoneylandbou.co.za


73 views
bottom of page