top of page
Search

Blomme, Bye en Blaaspootjies

In 2001 het ek met intensiewe gewasproduksie te doen gekry, in dié geval tafeldruiwe in Kakamas. In die afgelope 20 jaar het ek al 'n paar peste sien kom en gaan.

In die vroeë 2000's was dit witluis gewees. Ek onthou die taai druiwe in die pakstoor, die sterk organofosfate wat ons in oestyd gespuit het om dit dood te maak, lappe in die pakstore om die druiwe af te vee. Imidacloprid (Kohinor/Confidor) het op die mark gekom en witluisprobleme het baie verminder. Organofosfate word baie min vandag gebruik vir witluis beheer, en natuurlike predatore word baie goed gebruik teen witluis.

Die laaste aantal jare is dit blaaspootjie. Dit is seker vandag die grootste plaag in die Weskaap vir vrugte produksie, veral op gewasse wat visueel belangrik is vir die koper. Dit terwyl chemiese beheer van blaaspootjies minder effektief raak.


Wat ek geleer het by Jean Kuiper (Real IPM) en Brahm Jonker (Fieldbugs), is dat die natuurlike predatore van blaaspootjies en luise oorleef op stuifmeel wanneer daar nie voldoende peste soos blaaspootjies is nie. Hierdie predatore benodig 'n huis wat deur materiaal en dekgewasse vir hulle gebied word asook kos as daar nie peste is nie.

Heelwat produsente het aan my genoem dat skoon boorde en wingerde meer chemiese beheer benodig as hul vuil boorde, selfs in bloubessies.

Vir elke slegte insek, is daar 1200 goeie insekte (gehoor by Gabe Brown op Youtube). As ons 'n omgewing skep vir die goeie insekte, sal natuulike kompetisie die chemie verminder asook meer effektief maak.

Kommersiële boerdery is nie 'n natuurlike sisteem soos die Serengeti nie, omdat ons met 'n monokultuur boer. Ons sal altyd insetkostes benodig om goeie en winsgewende produksies af te haal. Verskaf natuurlike diversiteit van plante in boorde (bv dekgewasse), bedek gronde met materiaal en groeiende plante, en peste sal verminder.

Kyk video onder. .


Terwyl jy dit kyk, kliek sommer op subscribe



PS: Indien jy enige vrae het oor organiese materiaal, kompos, dekgewasse, bewaringsboerdery en herlewingslandbou, is jy welkom om my te vra.


Groete Stoney


92 views
bottom of page