IMG_20200706_163157.jpg

Somer- en winterweidings is beskikbaar:​​

  • Somerweidings sluit in Voersorghum, Babala en somergrasse bv. Teff

  • Winterweidings sluit in Raaigras, Swenkgras en Medics

Weidings

Die beste manier om die dekgewasse te termineer en plat te kry as ‘n bedekking op grond, is wanneer diere in hoë digtheid dit plattrap.

Diere word in baie hoë digtheid, vir ‘n kort tydjie, op die dekgewasse gesit. Indien jou doel is om die dekgewasse plat te kry, moet jy kyk na ongeveer 20-50 kg lewendige gewig per vierkante meter, elke 24 uur.

 

Skuif die diere daagliks deur gebruik te maak van skokdrade. ‘n Bees van 400 kg het bv. net 10 vierkante meter wat hy vir daardie dag bewei.

 

Die diere eet ongeveer ‘n derde van die dekgewasse in lengte, en trap die orige dekgewasse plat sodat dit die grond bedek.

 

Die diere se mis en urine bespoedig die proses van grondgesondheid en dien ook as bemesting.

 

Diere se vreet-aksie verhoog die hoeveelheid koolstof wat die dekgewasse in die grond in pomp

IMG_4545
IMG_4588
IMG_4560
IMG_4585
IMG_4629
IMG_4582
IMG_4552

Meer opsies