- Sedert 2017 -
Dekgewasse vir Grondgesondheid
wat Jou Kostes Verlaag
- Onkruidbeheer -
- Pesbeheer -
- Verbeterde Voeding -
Jy wil dekgewasse gebruik vir beter grondgesondheid (om kostes te verlaag), maar jy…
-
Het nie die regte toerusting nie
-
Het dit nog nooit gedoen nie
-
Voel dis ekstra kostes
-
Weet nie watter dekgewasse om te gebruik nie
-
Het in die verlede misluk agv reëntekort
-
Het nie grondgesondheid verbeter nie
Indien wel, het ons dalk 'n oplossing vir jou.
Saam werk ons aan 'n plan om dekgewasse te plant wat jou geld en tyd spaar,
jou risiko's verlaag en jou langtermyn winste verhoog.
Wanneer jy grondgesondheid begin ondersoek om kostes te verlaag, kom jy gou agter dat daar hope inligting beskikbaar is. Dit kan vinnig verwarrend en oorweldigend raak.
Met tien jaar ondervinding as landboukundige, het Stoney dieselfde gevoel toe hy sy reis in 2008 met grondgesondheid begin het.
Sedertdien het Stoney gevind die beste en mees koste-effektiewe manier om grondgesondheid te verhoog, is:
‘‘Plant Dekgewas Mengsels met Minimale Grondversteuring.’’
Boere wat hul grondgesondheid die vinnigste verhoog, besef dat ploeg veroorsaak dat koolstofvlakke en grondgesondheid afneem.
Hulle het ook gevind dat 'n mengsel van verskillende dekgewasse die grondgesondheid meer verhoog as net een tipe dekgewas.
Stoney Landboudienste in die Media
Kliek op tydskrif om artikel te lees
Farmer’s Weekly
Landbouweekblad
Stap 1
en lees daardeur
Stap 2
vir 'n gratis plaasbesoek
Stap 3
Plant en/of Rol
jou dekgewasse
By Stoney Landboudienste verstaan ons dat jy die versekering wil hê dat jou plaas die toekoms gaan oorleef.
Om dit te bewerkstellig, moet jou boerdery in die langtermyn winsgewend en volhoubaar wees.
Goeie stabiele opbrengste, laer kostes en beter gehalte produkte sal wins verhoog.
As jy die grondgesondheid op jou plaas verbeter, sal dit gebeur.
Die gebruik van dekgewasse is die mees koste-effektiewe manier om die gesondheid van die grond te verhoog.
Die probleem is dat jy waarskynlik bang is dat dekgewasse die opbrengs kan beïnvloed en jy weet nie hoe jy dit moet implementeer nie. Jy hou dus eerder by wat jy ken en gebruik nie dekgewasse nie.
Ons glo dat ‘n tekort aan kennis met dekgewasse vir grondgesondheid nie die probleem moet wees nie. Met die regte plan is dit nie so moeilik om grondgesondheid te verhoog nie.
Ons verstaan ook dat boerdery uit baie bewegende dele bestaan, en dat dit moeilik is om alles te bestuur. Navorsing oor grondgesondheid en dekgewasse kan verwarrend en tydrowend wees met te veel inligting om te verwerk.
Daarom werk ons saam met jou om 'n oplossing te kry wat by jou behoeftes pas. Jy hoef jou nie meer te bekommer oor hoe dekgewasse jou boerdery sal bevoordeel nie.
Ons spesialiseer in die regte dekgewasse en het die afgelope drie jaar meer as 3000ha dekgewasse op verskillende gronde in die Wes-Kaap geplant.
Ons eksperimenteer deurlopend met verskillende gewasse (saadmengsels) en planters om die resultate te verbeter.
Wat om volgende te doen:
1. KLIEK hier en ontvang jou dekgewas handleiding en plantgids
2. BEL ons om 'n afspraak te maak, ons ontwerp 'n pasmaak plan vir jou tydens 'n plaasbesoek
3. Ons voer die plan uit deur jou dekgewasse te PLANT
Bel ons nou om 'n afspraak te maak sodat jy jou winsgewendheid kan verhoog en resultate kry.