top of page

DEKGEWAS-MENGSELS

Mengsels
Agtergrond.jpg

Die effek van Trichoderma-entstof op gewasse se wortels:

WhatsApp Image 2021-01-31 at 6.56.55 PM.

Entstof

Geen entstof

Alle mengsels bevat Trichoderma-entstof sowel as peulgewas-entstof.

(Tensy anders aangedui)

​

Trichoderma-entstof vergroot die wortelstelsels van grane.

​

Peulgewas-entstof maak dat die peulgewas stikstof bind.

Werksry - mix

werksry mix

BESKRYWING

Die Werksry-mix bevat die grane hawer, gars en korog om materiaal te produseer.

 

Dit bevat ook peulgewasse in die vorm van voererte, Fababone en wieke. Die peulgewasse bind stikstof en die plante het blomme wat bye en natuurlike predatore lok. Die voererte groei vroeg in die seisoen en die wieke groei later.

 

Laastens maak Phecelia ook deel van die mengsel uit om bestuiwers te lok.

​

Die verskil tussen die Werksry-mix en die Graan-mix is dat die Werksry-mix minder materiaal gee, maar meer diversiteit.

Bankie - mix

bankie mix

BESKRYWING

JC robertson bankie wingerd.jpeg

Die Bankie-mix bevat hawer en gars. Beide is lae groeiers, so niks rank in die kordonne nie.

​

Die peulgewasse word opgemaak uit voererte en Fababone om stikstof te bind.

​

Radys maak ook deel uit van die Bankie-mix om die grond los te maak.

​

Die doel van die Bankie-mix se samestelling is om gedurende die winter materiaal te produseer, grondgesondheid te verbeter en onkruid te onderdruk in die wortelsone van wingerd en vrugteboorde.

Graan - mix

graan mix

Die Graan-mix bevat hawer, gars en korog. Dit word in die werksry geplant om bedekking te kry en materiaal/kaf te produseer.

 

Dit is goedkoper as die Werksry-mix en bevat geen peulgewas-entstof nie.

Peulgewas - mix

peulgewas mix

Die Peulgewas-mix bevat wieke, lupiene, voererte, Fababone en radys. Dit word in die werksry geplant.

​

Die mengsel word geplant in hoë-koolstofgronde waar materiaal volop is. Die stikstofbinders vervaardig stikstof in opneembare vorm in die grond.

​

Die mengsel bevat geen Trichoderma-entstof nie.

Eenjarige Weidings - mix

eenjarige weiding

Die mengsel bevat hawer, gars, korog, 1-jarige raaigras, erte, wieke, Fababone en radys.

​

Dit kan aangeplant word vir weiding net na die winter.

Meerjarige Weidings - mix

meerjarige weiding

Die mengsel bevat grasse en klawers.

Custom - mix

custom mix

Spesiale mengsels kan opgemaak word volgens die behoeftes van die grond.

bottom of page