top of page

AGTERGROND

Stoney het groot geword op ‘n skaapplaas buite Calvinia. Hy matrikuleer aan Hoërskool Calvinia in 1999.

​

S kraal.JPG

2000 tot 2001 studeer hy Landbou Ingenieurswese aan Tukkies, waarna hy September 2001 begin werk op ‘n tafeldruifplaas in Kakamas. Hy ontdek sy passie vir intensiewe boerdery (in dié geval tafeldruiwe) en behaal in 2006 sy graad: B.Sc. Agri (Wingerd- en Wynkunde) aan die Universiteit van Stellenbosch.

Wie is Stoney?

Loopbaan

S dippies.jpg

Hy begin in 2007 werk as wingerdkundige by Oranjeriver Wynkelders in Keimoes en Kakamas. 

In 2008 woon hy ‘n NTS-kursus van Graime Sait by, waar hy te doen kry met biologiese boerdery en dis hier waar alles begin het. Hy begin dadelik oplees - alles waarop hy sy hande kan kry ivm biologiese praktyke vir boerdery om meer waarde te gee vir die produsente van Orangerivier Wynkelders.

In 2013 verhuis hy na Vredendal en sluit by Namaqua Wines aan.

Reis na dekgewasse

Sy persoonlike studies oor biologiese boerdery en die belang van grondgesondheid duur egter voort. In 2016 vind hy vir Gabe Brown en Ray Archuleta op Youtube en hy begin hulle volg. Hy het nog nie ‘n beter, meer bekostigbare manier gesien wat koolstof so drasties verhoog in gronde soos die gebruik van dekgewasse nie. 

S wingerd.jpg

Hy lees baie op oor dekgewasse, mengsels, no-till en drukbeweiding en kom agter dat die sukses van meer as een faktor afhanklik is.

Die begin van

Stoney Landboudienste

S kappers.JPG

1 April 2017 maak hy klaar by Namaqua Wines en begin Stoney Landboudienste. Aanvanklik doen hy die bemarking en verkope van organiese sure en biologiese beheermiddels. Hy help ook produsente om water beter te bestuur deur middel van die verkoop en installering van probes. Die eerste 3 ha proef met ‘n dekgewas-mengsel word ook gedoen.

Fokus op dekgewasse

Stoney se passie was sedert 2008 dié van grondgesondheid en om boere te help.

​

In 2018 bou hy, in samewerking met Piket Implemente, die eerste no-till bankieplanter om dekgewasse naby die drupper te vestig vir die lae reënvalarea van Vredendal. Hy het van die begin af mengsels van dekgewasse geplant.

​

​

In 2019 bou hulle die Bankieplanter “Version 2” om die vorige tekortkominge aan te spreek, brei uit na die res van die Wes-Kaap en plant in sitrus, wingerd en vrugte.

S radys.jpg
S nectarines.jpg
CJ en S.JPG

In 2020 voeg hy 3 werksryplanters by sy vloot. Die aanvraag na dekgewasse in die Boland neem sodanig toe dat hy aan die begin van 2021 verhuis na Worcester om beter diens aan sy kliënte te verskaf.

Die pad vorentoe

Stoney se droom en visie is om grondgesondheid te verhoog en die pad saam met boere te stap om biologiese boerdery praktyke by hul huidige boerdery stelsels in te skakel.

S trekker.jpg
S%20lusern_edited.jpg
bottom of page