top of page
Paul Naude.jpg

Regeneratiewe Boerdery Oplossings vir Gewasproduksie

Landboukundige Dienste en
Regeneratiewe Produkte

Ons bied praktiese ondersteuning en aanbevelings vir gesonde grond- en gewasprestasie.

RU_0467-1024x696.jpeg

Grond en Plant Ontledings

​​​

  • Grondgesondheids assesering:

    • Bulkdigtheid & verdigting

    • Waterinfiltrasie & waterhouvermoë

    • Sout- en natriumstatus

    • Grondvrugbaarheid & voedingstowwe

    • Organiese koolstof & grondstruktuur

Picture-1-2048x1108.png

Aanbevelings

IMG_3820a.jpg

Regeneratiewe Produkte

Wat is Plantsap Ontledings?

RU_0467-1024x696.jpeg
Picture-1-2048x1108.png

Tradisionele blaarontledings/ weefselanalises wys dikwels eers ’n probleem nadat jou gewas reeds begin sukkel het. Plantsapanalise gee jou ’n meer akkurate, proaktiewe en winsgewende manier om voeding en plantgesondheid te bestuur.

​

Hoekom tradisionele blaarontledings jou kan mislei

  • Dit wys historiese voedingstofvlakke – jy is reeds laat met regstellings.

  • Dit is ’n statiese momentopname en wys nie nutriëntbeweging in die plant nie.

  • “Voldoende” vlakke kan voorkom, selfs wanneer die plant tekorte toon, omdat sommige minerale vasgebind is en nie bruikbaar is nie.

​

Die voordeel van Plantsapanalise

Plantsapanalise werk soos ’n bloedtoets vir jou gewas – dit wys wat nou in die plant gebeur.

Voordele:

  • Vroeë waarskuwing: spoor wanbalanse 3–4 weke vroeër op

  • Meer akkurate, bruikbare data (biobeskikbare voedingstowwe)

  • Stem beter ooreen met veldwaarnemings

  • Beter besluite, beter opbrengs en gehalte

  • Minder raaiwerk en laer insetkoste

​

Hoe dit werk

Ons neem jong en ou blare as monsters en stuur dit na ’n gespesialiseerde laboratorium. Resultate neem gewoonlik 5-7 werksdae, maar gee jou steeds insigte 14–20 dae vroeër as tradisionele weefselanalise.

Grondgesondheids-assessering (Fisies + Chemies)

Ons grondgesondheidsverslag gee jou ’n duidelike prentjie van jou grond se potensiaal – nie net wat in die grond is nie, maar ook hoe dit funksioneer. Dit kombineer fisiese en chemiese toetse om beter besluite te neem oor bewerking, voeding en herstelaksies.

​

Wat word getoets?

✅ Grondbulkdigtheid (verdigting) – wys of wortels, water en suurstof beperk word.
✅ Grondstruktuur & porositeit – bepaal hoe goed die grond “asemhaal” en wortels kan ontwikkel.
✅ Waterinfiltrasie & waterhouvermoë – wys hoeveel water indring en hoeveel vir die plant beskikbaar bly.
✅ Tekstuur & klipinhoud – help om bestuur volgens jou grondtipe aan te pas.
✅ Sout- en natriumrisiko – identifiseer probleme wat struktuur en opbrengs kan verlaag.
✅ Vrugbaarheid & voedingstofbalanse – wys tekorte, wanbalanse en oormatige bemesting.
✅ Organiese koolstof – sleutel vir beter struktuur, waterhouvermoë en langtermyn grondgesondheid.

​

Wat kry jy?

’n Praktiese opsomming van jou grond se sterk- en swakpunte, sodat jy doelgerig kan regstel en opbrengs kan verbeter.

Grondgesondheids- assesering

erdwurms.jpg

Regeneratiewe plantvoedings-programme

download.jpg

Ons benadering kombineer Plantsapontledings met ’n volledige Grondgesondheidsassessering om ’n voedingsprogram op te stel wat nou werk én vir die toekoms bou.

​

Korttermyn: Presisie voeding vir vinnige regstellings

Met plantsapontledings monitor ons die plant se mineraalstatus deur die seisoen, sodat tekorte of oormate vroegtydig opgespoor en reggestel kan word. Waar nodig pas ons die program aan met blaarvoeding en/of grondtoedienings, sodat die plant presies kry wat hy nodig het – wanneer hy dit nodig het.

​

Langtermyn: Bou grond wat self beter kan voorsien

Die grondgesondheidsassessering wys vir ons hoe jou grond fisies en chemies funksioneer, insluitend faktore soos grondbulkdigtheid (verdigting), waterbeweging en vrugbaarheid. Op grond hiervan fokus ons op regeneratiewe oplossings soos deurlugting, die verbetering van grondstruktuur, en die verhoging van koolstofvlakke.

​

Die doel is om ’n grond te bou wat beter water kan hanteer, meer lug bevat, en voedingstowwe meer effektief aan die plant kan voorsien – vir volhoubare opbrengs en beter winsgewendheid.

Ons bied ’n reeks grondgesondheidsprodukte wat ontwerp is om jou grond se funksie te verbeter en jou gewasse se opname van minerale te optimaliseer. Die fokus is om grondlewe te stimuleer, grondstruktuur te versterk en die negatiewe effek van soute in die grond te verlaag – sodat jou plante beter kan groei, wortel en presteer.​

​

Ons produkte sluit in:

✅ Kalsium en Koolstofprodukte
Help om grond te deurlug, struktuur te verbeter en verdigting te verminder, sodat wortels, water en suurstof beter kan beweeg.

​

✅ Dekgewasmengsels
Multi-spesie dekgewasse bou koolstof, voed grondbiologie en verbeter die grond se waterhouvermoë en natuurlike vrugbaarheid.

​

✅ Voorskrif blaarvoedings
Geteikende blaarvoeding word saamgestel volgens jou behoeftes om tekorte vinnig reg te stel en plantprestasie deur die seisoen te verbeter.

​

✅ Voordelige grondmikrobes
Mikrobiese produkte stimuleer grondlewe en help om voedingstowwe meer beskikbaar te maak vir die plant.

​

Met die regte kombinasie van produkte help ons jou om korttermyn resultate te kry én langtermyn grondgesondheid te bou.

Produkte vir Grondgesondheid & Voeding

erdwurms.jpg

Besproeiings-skedulering

Probe1_edited.jpg

Presisie wat begin by jou grond

​

Besproeiingskedulering by Stoney Landboudienste gaan nie net oor water gee nie maar oor reg bestuur. Die doel is om die regte balans tussen water en lug in die grond te handhaaf. Wanneer die grond te nat bly word suurstof uitgedruk en mikrobiese lewe verswak. Wanneer die grond te droog raak kom wortelgroei en voedingstofopname onder druk. Regte skedulering hou die wortelsone in ’n gesonde balans waar mikorbes kan werk en wortels optimaal kan funksioneer.

 

Ons installeer grondvogprobes en bevestig dit met profielgate sodat grondlae worteldiepte en waterbeweging fisies beoordeel word. Die data word deur die seisoen weer met profielgate gekontroleer om seker te maak dit stem ooreen met veldtoestande.

​

Ons werk met ’n toonaangewende probe vervaardiger in Suid Afrika wat die langste waarborg in die mark bied. Ek het as landboukundige in die Vredendal area met dieselfde tipe probes gewerk wat vir meer as 10 jaar sonder onderhoud gefunksioneer het. ’n Huuropsie vir probes is ook beskikbaar.

Grond en water in balans

Ons meet grondbulkdigtheid om te bepaal hoeveel lug en water die grond kan hou. Met hierdie data bereken ons Plant Available Water of PAW wat vir die plant beskikbaar is. Op grond hiervan stel ons praktiese besproeiingsdrempels vas wat optimale watergebruik ondersteun en beter, meer konsekwente gewasresultate moontlik maak.

bottom of page